Akademie

Laerskool Bergland streef na akademiese uitnemendheid.  Ons doel is om goed geskoolde leerders van Gr R tot Gr 7 op te voed sodat hulle slaggereed is vir enige uitdagende situasie op hulle pad vorentoe.  Ons leiding verseker dat hulle suiwer en korrekte keuses kan maak.  Ons glo aan tyd, en dit is wat ons probeer gee aan elke leerder in die vorm van luister en leer.  Bergland glo dat akademie die aspek is wat die verskil in ‘n kind se toekoms kan wees.  Onderrig word voortdurend aangepas om leer in te skerp en te bevorder.

Laerskool Bergland onderwysers is hoogs gekwalifiseerd en gemotiveerd.  Hulle het passie vir ons leerders wat in hulle sorg geplaas is.  Hulle gee om, help die boustene lê vir ‘n kleurryke toekoms, hul deel in die lief en leed van ons Bergie-leerders.  Hulle is die rigtingwysers en ‘n voorbeeld van begrip, eerbaarheid, die toepassing van reëls, Godsdienssin, liefde, arbeidsaamheid, nederigheid en diensbaarheid.  Hulle glo ook dat daar ‘n diepe verhouding tussen hul en die leerders gevestig word in die sin van respek, verantwoordelikheid, veiligheid, omgee, en vertroue.  Daar skort niks met die professionaliteit van ons Bergland-onnies nie.

Gr 1-3

Gr 4-6

Gr 7

afAfrikaans