2024 Skoolfooie
GRAAD | FOOIE 2024 (JAN – DES 2024) |
DEBIETORDER (A) 10 MAANDE |
DEBIETORDER (B) 12 MAANDE |
---|---|---|---|
Gr R | R 16 664 p.j. | R 1 666,40 p.m (10 x Betalings: Jan-Okt 2024) |
R 1 388,67 p.m (12 x Betalings: Jan-Des 2024) |
Gr R * (As deposito betaal is) |
R 16 664 – R 995 p.j.* | R 1 566,90 p.m (10 x Betalings: Jan-Okt 2024) |
R 1 305,75 p.m (12 x Betalings: Jan-Des 2024) |
Gr 1-6 | R 14 997 p.j. | R 1 499,70 p.m (10 x Betalings: Jan-Okt 2024) |
R 1 249,75 p.m (12 x Betalings: Jan-Des 2024) |
Gr 1 * (As deposito betaal is) |
R 14 997 – R 995 p.j.* | R 1 400,20 p.m (10 x Betalings: Jan-Okt 2024) |
R 1 166,84 p.m (12 x Betalings: Jan-Des 2024) |
Gr 7 | R 14 997 p.j. | R 1 499,70 p.m (10 x Betalings: Jan-Okt 2024) |
N/A |
Naskool | R 13 140 p.j. | R 1 314 p.m (10 x Betalings: Jan-Okt 2024) |
R 1 095 p.m (12 x Betalings: Jan-Des 2024) |
Skoolgeld ten volle betaal teen: 1 Okt 2024 | Skoolgeld ten volle betaal teen: 1 Des 2024 |
Bankbesonderhede
KWYTSKELDING VAN SKOOLGELDE
Alle aansoeke vir gedeeltelike/volle kwytskelding van skoolgelde mag nie later as FEBRUARIE van elke jaar ingehandig word nie. Aansoekvorms is ook verkrygbaar by Finansiëlekantoor.
Skooltye
Skooluniform
- ‘n Groen moulose Bergland hemp en ‘n groen skort (Broekromp) word gedra.
- ‘n Sweetpakbroek en baadjie mag apart gedra word. (Die broek word altyd met tekkies gedra).
- ‘n Groen trui met die skoolwapen kan gedra word.
- Bergland enkelhoogte groen kouse met oranje en khaki strepe.
- Oorwegend wit tekkies, GEEN “sneakers” of “Tommy Tekkies” nie.
- GEEN T-hempde of “second-skins” mag onder die skooluniform gedra word nie.
SLEGS ‘n “V-neck” frokkie (wat nie sigbaar is nie) mag gedra word. - Slegs die groen skoolserp en mussie mag gedra word in die winter.
- GEEN lyfkouse (“tights” of “ski-pants”) as deel van die skooldrag nie.
- Loslitdag-drag moet toepaslik en netjies wees, geen onthullende uitrustings word toegelaat nie.
- ‘n Groen Bergland hemp met moue en ‘n groen kortbroek vir seuns met “BERGLAND” op die linkerpyp geborduur, word gedra.
- ‘n Sweetpakbroek en baadjie mag apart gedra word. (Die broek word altyd met tekkies gedra).
- ‘n Groen trui met die skoolwapen kan gedra word.
- Bergland enkelhoogte groen kouse met oranje en khaki strepe
- Oorwegend wit tekkies, GEEN “sneakers”, “Tommy Tekkies” of plakkies
- GEEN T-HEMPDE of “second-skins” word toegelaat onder die uniform nie.
- ‘n “V-neck” frokkie (wat nie sigbaar is nie) mag gedra word.
- Slegs die groen skoolserp en mussie mag gedra word in die winter.
- Hare moet netjies en skoon gehou word.
- Seuns se hare moet kort gedra word (Geen “wet-look” of gel nie). Daar mag geen lyne of patrone in die hare gesny word nie.
- GEEN kuiwe wat in die oë hang nie.
- Meisies met lang hare (wat aan die kraag raak) moet dit vasbind.
- Hare moet natuurlik wees – geen kleurstowwe word toegelaat nie.
- Slegs oranje,groen of gewone wit of swart haarbykomstighede word toegelaat.
- GEEN naellak (vingers en tone) word toegelaat tydens skoolure, loslitdae en sportgeleenthede nie.
- GEEN grimering word toegelaat tydens skoolure, loslitdae en sportgeleenthede nie.
- Dogters mag slegs een stel klein (5mm) goue of silwer oorringetjies (“sleepers”) of bolvormige oorkrabbertjies (“studs”)
(Oorbelle ens. vir seuns word nie toegelaat nie.) - Slegs ‘n seëlring en/of netjiese horlosie kan gedra word. GEEN ANDER JUWELE word toelaat nie.
Ondersteuningsdienste
DIENS | KONTAK PERSOON | NOMMER |
---|---|---|
Arbeidsterapie | Estelle Buitendag | 082 8703683 |
Arbeidsterapie | Leny Loock | 013 752 3972 |
Spraak -en Taalterapie | Lia Odendaal | 074 585 2078 |
Opvoedkundige Sielkundige | Rita Mcfadden | 082 219 1530 |
Opvoedkundige Sielkundige | Cora Breytenbach | 082 810 2409 |
Opvoedkundige Sielkundige | Dr. Thelma Laubscher | 013 712 3558 |
Tina Cowley Lees Lab | Magda du Toit | 066 247 0143 |
Kip Mc Grath Education Centre | Nicci Gelder | 013 741 5356 |
RO Terapeut | Esmarie Basson | 078 447 8148 |
Eksamen akkommodasie | Riana du Plessis | 082 869 3798 |
Bergland Naskool / Leersentrum
Prosedures:
• ‘n Maksimum van 25 Leerders sal in ‘n klas wees.
• Daar sal twee sessies wees; Klas: 13:30 – 15:00 en Buitespel: 15:00 – 17:30.
• Vrydae: Geen werksessie nie, slegs toesig tot 17:30.
• Nasorgfooie sluit vakansiedae in: R 13 140 p/a betaalbaar via DEBIETORDER
– Opsie A: R 1 404 (x 10 maande)
– Opsie B: R 1 170 (x 12 maande)
Nasorg:
• Kinders moet 13:30 na die klasse gaan.
• Vir 20 minute sal die kinders tyd kry om te eet en toilet toe te gaan.
• Op ‘n gegewe tydstip sal leerders die klaskamer binnegaan om met huiswerk te begin.
• Register sal dan geneem word.
• Geen selfone sal toegelaat word nie. Onderwysers moet gekontak word in geval van nood.
• Kinders wat sport, ekstra klasse, ens. moet bywoon, moet die onderwyser in kennis stel om verantwoordelik reëlings te tref rakende bywoning gedurende skoolvakansies.
• Kinders sal volgens hul ouderdomsgroepe in klasse geplaas word.
Informasie | ||
---|---|---|
Kontakpersoon | Nommer | E-pos |
Marena Buitendag | 079 342 2993 | Stuur E-pos |
Dalene Maritz | 013 744 1959 | Stuur E-pos |
Geskiedenis oor Bergland
Aan die einde van 1969, tydens ‘n gesellige funksie by Laerskool Nelspruit, is daar afskeid geneem van sowat 600 leerlinge en ‘n aantal leerkragte om die nuwe skool in 1970 te begin.
Mnr. FJ Coetzer, Adjunkhoof van Laerskool Barberton, word aangestel as waarnemende hoof van Laerskool Bergland. Die skool open met 653 leerlinge, 22 onderwysers en een sekretaresse op 1 Januarie 1970. Mnr. Coetzer word in 1971 as hoof aangestel en Mnr. DJS Grobler word as hierdie skool se tweede hoof op 1 Januarie 1987 aangestel. In Julie 2001 word Mnr CGG Lancaster as hoof aangestel. Vandag spog die skool met Dr. JP Hugo wat aan die begin van 2023 sy pos as hoof beklee het.
In 1970 word die eerste fondsinsamelingskomitee gestig en skooldrag en skoolkleure word bepaal. Die beskrywende leuse “BOU OP ROTS” asook die naam “LAERSKOOL BERGLAND” word gebore. ‘n Skool, maar nie net sommer ‘n gewone skool nie, kry sy beslag. Die eerste tree van ‘n tog van onmeetbare kilometers is gegee, die toekoms, o, so onvoorspelbaar, lê lokkend en wink met soveel geleenthede asook heerlike uitdagings!
Die Skoollied is berym en getoonset deur Stevie Cussons en die Skoolwapen ontwerp deur mev A Coetzer.
Simboliek
Kleure:
- Bruin – Stel die vrugbare aarde voor
- Oranje – Stel die ryp oes voor
- Rots – Dien as stewige fondament vir hierdie sierlike plant
- Room – Warmte, liefde, koestering
Met hierdie komponente ontwikkel ons kinders tot ‘n sierraad vir God’s Koninkryk.
Reeds in 1970 vind die eerste Skoolkonsert plaas en sien die eerste langspeelplaat die lig van ons kore. Reeds vanaf 1970 tot hede bereik die leerlinge van hierdie skool die ideale wat diep in ouerharte gekoester word.
Vrydag, 20 Augustus 1971 vind die amptelike inwyding van die skool plaas. Die plegtigheid word waargeneem deur die voormalige Direkteur van Onderwys, Dr. AL Kotze. By hierdie geleentheid is die naam van ons skool gebruik om sekere deugde uit te spel aan die kinders, die volwassenes van môre nl. :
B= Bedagsaamheid
E= Etiek
R= Respek
G= Groei
I= Integriteit
E= Entoesiasme
S= Stabiliteit
Deur die jare heen, waarin daar al baie treë gestap is, het hierdie skool sy besliste merk gemaak deur sy kwota hoogstaande Akademici en Springboksterre te lewer. Jaarliks bewys die prestasies van die Hoërskole ook hierdie voldwonge feit.
In die argiewe en die dag van môre lê soveel kosbaarhede opgesluit en dan die bewese uitdrukking:
“Bergland is ‘n besondere skool met besondere ouers, kinders en uitgesoekte onderwysers.”